Parameter

’n Parameter (van die Griekse woorde παρά para, "benewens, plaasvervanger", en μέτρον metron, "mate") is oor die algemeen ’n eienskap wat kan help om ’n spesifieke stelsel (bedoelende ’n gebeurtenis, projek, voorwerp, situasie, ensovoorts) te definieer of klassifiseer. Dit is dus ’n element van ’n stelsel wat nuttig, of noodsaaklik, is vir die identifikasie van die stelsel, of vir wanneer die stelsel se werking, status, toestand, ensovoorts beskryf word.

Die term "parameter" het baie spesifieke betekenisse in verskillende dissiplines, soos wiskunde, rekenaarprogrammering, ingenieurswese, statistiek en linguistiek.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy